Thursday, January 6, 2011

7Januarie 2011 6h00 update

Hi julle,
Ek doen bietjie 'n update in afrikaans. Dink darm die meeste van jul wat hier kom kyk is Afrikaans.
Die tweetjies kom goed aan. Nika weeg nou 1.91kg en Lane 1.58kg. Hulle was by geboorte 1.8kg en1.35kg onderskeidelik.
Lane kry 22ml melkies en as als goed gaan vandag kan hul dit later vandag opskuif na 23ml. Nika kry nou 2ml per uur en hul gaan dit ook deur die dag opskuif na 2.5ml per uur toe.
Omdat hul so klein is en daar al so baie bloed by hul getrek is gaan hul een of ander tyd bloed moet kry. Ons kan darm self vir hulle skenk, dat ons weet hul kry ons bloed, maar omdat ek nou net die keiser gehad het mag ek nie skenk nie, so Rienk gaan die skenk werk doen volgende week as hul bloedgroepe dieselfde is as ons sin. Ons altwee is darm A+ bloed, so ek glo hul sal ook A+ wees!

1 comment:

  1. hi rienk
    ek gan nou elke dag kyk en sal bid vir die tweetjies. weet dat die Here hulle styf in Sy Hande vashou!
    hoop dit gan ok met julle ook... sterkte vir die tyd en hou goeie moed.. een van die dae is hulle by die huis - sterk ten gesond!
    groete,
    aneL*

    ReplyDelete