Sunday, January 9, 2011

Sondag 9 Januarie 2011, 18h00

Hi daar. Die tweetjies het 'n goeie nag en dag gehad en raak net ouliker by die dag.
Nika is nou op 4ml melk per uur en Lane op 22ml melk 3uurliks en hul altwee hou hul melk mooi in.
More is weer weeg dag en dan sal ek weer 'n update kan geen oor hul gewig.
Ons glo en vertrou dit gaan nou bly goed gaan met hulle.
Hier is weer 'n paar fotos. Rienk hou vir Lane vas en ek hou vir Nika vas.
En kyk net die handjie om pa se vinger.






No comments:

Post a Comment